C A Investigations Weblog

Aan al die skelmpies in die Kaap…

November 6, 2007 · 20 Kommentaar

Hallo julle,

Ek lees die Afrikaanse WordPress bloggers al vir ‘n ruk. Ek hou daarvan om te sien hoe julle met mekaar gesels en mekaar ondersteun op allerhande gebiede. Julle praat soms hier oor diep en baie persoonlike dinge, maar gee ook jul menings oor alles wat met en om julle gebeur, waar julle ookal op die aardbol bly.

Ek het ook opgemerk dat sommige van julle julself en/of beroep promofeer; veral dié onder julle wat in die vermaaklikheidsbedryf is.

En toe dink ek… ag wat – hoekom nie? Ek gaan ook my besigheid hier adverteer, al is dit effens meer direk as julle en nie juis vreeslik vermaaklik nie – veral nie vir my nie!

Ek besef natuurlik ook dat ‘n blog se doel nie advertensie is nie, maar so what? Ek lees julle, dalk lees julle my ook en benodig dalk eendag my dienste. Ek adverteer wel in die pers en elders op die internet, maar dit kan mos geen skade doen as ek my dienste hier ook adverteer nie.

Groete

John

no-1.jpg

 

 


Kategorië Uncategorized
Tagged: , , , , , , , ,

20 responses so far ↓

  • stoutsus // November 6, 2007 at 1:25 nm

    Daar is baie skelmpies op die stoep, jy sal goeie besigheid doen deur net stil te sit en die slakke dop te hou.

    En daar is fokol mee verkeerd om te adverteer!!

  • capetowndetective // November 6, 2007 at 4:25 nm

    Dankie Stoute Sussie… is jy één van die wat ek dalk sal moet dophou??

  • Karin // November 6, 2007 at 5:05 nm

    Hallo John,

    Welkom hier. Ek het jou dienste nodig. Ek bel jou.

    Groete
    Karin

  • boerinballingskap // November 6, 2007 at 5:07 nm

    Welkom! 8)

  • Jo-Ann Schou // November 6, 2007 at 5:39 nm

    OMW! O nee man flippit. Nou moet ek aftrek en toeplak en verkas. Ek het hopelooslik te veel duiwels wat onder ronddraai om langer te kan vertoef met ‘n snuffeltiffie in ons midde. Dan groet ek maar…

  • Karin // November 6, 2007 at 5:41 nm

    Jinne vrou? Wat steek jy weg… nou het jy my behoorlik nuuskierig… hie hie hie!

    K ‘-)

  • boendoe // November 6, 2007 at 6:05 nm

    Kom jy hier ingewaai soos ‘n vars briesie! Welkom!

  • capetowndetective // November 6, 2007 at 6:26 nm

    Dankie julle almal.

  • Jo-Ann Schou // November 6, 2007 at 8:21 nm

    Hehe, nee wat Karin, dit is die malletjie wat vandag die sweep klap! Daar is nie regtig duiwels nie. Welkom Johan! Hoop jy kry altyd wat jy soek. Vra maar as jy wil hê ons moet saam soek.

  • sonkind // November 6, 2007 at 9:13 nm

    Wel wel wel – kyk wie het ons hier! John, as ek nou op soek is na myself, kan ek jou dan ook bel?

    En gaan jy vir ons bietjie van jou juicy stories vertel? Jy kan maar die name verander en die storie so bietjie inkleur.

    Welkom hier in die kuberdorp. Al wat ons nou nog hier moet kry, is ‘n politikus, ‘n prokureur en ‘n oud-gevangene. Of dalk so ‘n 3-in-1. LOL!

  • mykopop // November 6, 2007 at 9:44 nm

    John, ek dink mens spel promoveer met ‘n kort v.
    Moenie vir my vrou sê ek was hier nie. (Lekker lees aan ons blogs, miskien vind jy iets uit.)

  • Basil // November 6, 2007 at 10:49 nm

    John, dit lyk dan nou vir my of jy die jackpot geslaan het. LOL!

    As ek nou die kat in die boom was, sou ek sê jy hoef nie verder moeite te doen om te adverteer nie.

    Hierdie klompie sal dit namens jou doen en natuurlik van jou dienste gebruik maak. LOL!

    Welkom

  • Dellie // November 7, 2007 at 11:49 vm

    Welkom John, en op jou blog kan jy doen net wat jy wil. Adverteer ook!

    Hoop jy geniet dit hier tussen ons! :lol:

  • stoutsus // November 7, 2007 at 6:57 nm

    As jy my dophou gaan jou besigheid vou broere.

    Jou naam klink polisie-rig…weird… Is jy DIE John Vorster of het ek nou weer my sokkies gerook???

  • Marina // November 8, 2007 at 1:43 nm

    Hier is jy baie welkom!! ons trap in onse spore en jy lag in jou mou!

  • ding // November 9, 2007 at 8:20 nm

    Basil het die woorde waarna ding sou kon soek, darem alte netjies opgestel! Dus: ditto, Basil!

    Sussa, WATTER John Vorster is nou DIE John Vorster, huh? Het ding nou weer ‘n Kaapse Rip op homself getrek? Voel nogals so, veral as ding kyk hoe hy sy pyp stook!

    Magnum, nou wonder ding so by homself: jy vertel ons nou so mooi van hoe jy onder die radar gevlieg het vir ‘n hele ruk – en nou adverteer jy … nou, man-man gaat mos nie ‘n pc-verkope-en hersteldiens besigheid oopmaak in die Kgalagadi of tussen die boesman nomades in die Kalahari nie?

    Wat vertel Magnum nou eintlik vir die inwoners van hierdie kuberdorp??

    Welkom in elk geval … miskien sal ding ook soos Sonson Magnum se dienste roep om vir dingself te soek … laat ons net hoop en bid die gedeelte van ding wat op soek raak, is nie daai gedeelte wat nou van Magnum se bestaan weet nie.

  • Basil // November 9, 2007 at 9:57 nm

    ding, dan is ek nou bly dat ek hierdie keer vir ding die woorde kon opstel, ding weet mos Basil is nie eintlik goed met daai nommer nie.

    John, “skelmpies in die Kaap”??

    Het jy dan ‘n skelmpie in die Kaap??

    LOL!!!

  • platterfuss // November 10, 2007 at 12:21 vm

    Welkom!!!! Jy gaan baie van ons baie laaik… believe you me! Ons is seriaaaaaaasly baie ‘oulik’! Hehehe!

    Hey, en BELOWE jy gaan my eers ‘laat weet’ voor jy my begin ‘inspect’! :-P

    Stoutsus… SnailBustersssssssss!!! Hehe!

  • wag-ʼn-bietjie // November 23, 2007 at 3:20 nm

    Is ons nie maar almal besig om onsself op ‘n manier te adverteer nie? En ja, hoekom nie? As ons dit nie doen nie, wie gaan?

    Mag jy nooit ophou soek en mag jy altyd vind waarna jy soek.

    Jy het my aandag. My oog is nou ook op jou blog, vir jou sal ek dophou van onder my wag-‘n-bietjie-bos.

    Tot later…

  • wag-ʼn-bietjie // November 23, 2007 at 3:23 nm

    Jammer:

    …op hou soek

    As daar nog spelfoute is jammer, baie jammer.

    hehehehe

Lewer Kommentaar