C A Investigations Weblog

Afrikaners is…. vriendelik?

November 7, 2007 · 6 Kommentaar

My magtig. Ek het lank gewik en geweeg om hier te blog want ek het ‘n ernstige uitkakparade verwag omdat ek durf so windgat wees om te adverteer.

Maar kyk nou net!

Julle is naais.

cgan689l.jpg

Kategorië Uncategorized

6 responses so far ↓

  • sonkind // November 7, 2007 at 9:11 nm

    John, ek dink almal (of meeste) wat hier blog is nogal oopkop mense. Dis ‘n lekker klomp mense bymekaar met baie uiteenlopende belangstellings en smake. En so leer ons elkeen iets by die ander.

    Hier kan jy eintlik wees net wie jy wil, die regtige jy of jou alter ego. Man of vrou, oud of jonk, geleerd of nie, skeef of reguit, binnelands of buitelands, Blou Bul of Stormer. We are one happy ‘kuber’ family! ;-)

  • rightsaidreverend // November 9, 2007 at 2:25 vm

    Lekker blog John. Hey, en thanx vir die kompliment.

  • platterfuss // November 12, 2007 at 11:18 vm

    Ons is ‘naaaaaaaaaaaais!! Eish, wat ‘n woord! LOL….

    Groetnisse!

    ‘Die ene wat nie skaam is nie’

    btw… I like!!! :-P

  • Dellie // November 14, 2007 at 11:35 vm

    Nou moet jy net bietjie vir ons interessante staaltjies beginne vertel, ek is seker snaakse dinge gebeur nogal baie by jou?

    Ag en thanx, jy’s ook naaais! :lol:

  • platterfuss // November 15, 2007 at 1:02 nm

    En as mens ‘n blog het moet mens ook so af en toe blog sodat die mede bloggers ‘n blog het om te lees….

    :-P

  • Dellie // November 19, 2007 at 4:53 nm

    Ek wil graag van jou dienste gebruik maak om ‘n mede blogger op te spoor. Die man het skielik kop uitgesteek, en net so vinnig weer verdwyn. Sy naam is John, dink ek, en hy was laas by hierdie adres? :lol:

Lewer Kommentaar